17 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-02-2026 só ingevul:
Die ........ weer het die reddingsoperasie bemoeilik.
giere gure gier guur
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("guur"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Krugersdorp is aan die ........ geleë.
wes-rand Wesrand wesrand Wes-Rand
As 'n pleknaam bestaan uit 'n eienaam plus 'n rigting, word die rigting met 'n koppelteken aan die res van die woord geskryf. Plekname word met hoofletters geskryf. (AWS 12.31)
Ek eet graag brood met stroop en kaas. Die boer stroop sy landerye. Die woord "stroop" in bostaande sinne is 'n ........ .
homoniem antoniem sinoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “stroop” (‘soet vloeistof’) en “stroop” (‘aftrek’ of ‘skoonmaak’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)