2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 16 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-02-2026 só ingevul:



Die eerste fase van die projek behoort binnekort voltooi te wees.
Wat is die woordsoort van "fase" in bostaande sin?

14 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
3 % (afgerond)werkwoord
80 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
4 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “fase - die fase – fases”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



........ boer met sonneblomme.
78 % (afgerond)Henry-hulle 
2 % (afgerond)Henry en hulle
19 % (afgerond)Henry hulle

Verbindings met "hulle" word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "Henry-hulle", "Dewald-hulle", "Pa-hulle".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Oom Jan gebruik altyd sulke ........ gesegdes.
7 % (afgerond)geykde
1 % (afgerond)geykdte
92 % (afgerond)geykte 

Voltooide deelwoorde wat op "k" of "p" eindig, kry "-te" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Idioom: Die ........ uit die vuur krap.
4 % (afgerond)kastanjes
31 % (afgerond)kastaiïngs
2 % (afgerond)kierangs
63 % (afgerond)kastaiings 

As jy iemand help om ʼn moeilike taak te voltooi, sê ons in die idioom jy help hom om die kastaiings uit die vuur te krap.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties