12 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-02-2026 só ingevul:
Ná die ........ ontploffing het die vliegtuig vinnig neergestort.
brusant brisant brusante brisante
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die woord "brisant" is taamlik onbekend maar beteken 'vinnig ontploffend'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .
versukkild versukkeld virsukkild virsukkeld
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die voorsitter word ........ benoem.
vyf jaarliks vyfsjaarliks vyfjaarliks vyf-jaarliks
Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel ("-liks") wat 'n woordgroep ("vyf jaar") saambind tot 'n woord (wat dan vas geskryf word).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Voor jy jou motor kan registreer, moet jy bewys lewer dat hy ........ is.
slegs padvaardig slegs padwaardig padvaardig of padwaardig
Ons gebruik "padwaardig" as 'n motor as 't ware waardig genoeg om op die pad te ry. Ons gebruik "padvaardig" in die betekenis 'gereed om op reis te gaan'. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)