06 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-02-2026 só ingevul:
Die huis is toegerus met drie slaapkamers, twee badkamers en 'n ........ .
oopplan-sit en eetkamer oopplan-sit-en-eetkamer oopplan-sitkamer- en eetkamer oopplan-sit- en -eetkamer
Omdat ons hier met een vertrek te make het, word die hele woordgroep aan mekaar gekoppel.
Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree, byvoorbeeld: As koppelwerkwoord: Dinge “word” beter met verloop van tyd. As omskrywingswerkwoord: 'n Mens moet vergoed “word” vir jou dienste.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Die ........ trek saam.
hond skoonma kat spook
Die idioom "die spook trek saam", beteken ''n verandering van lewenswyse beteken nie dat vorige probleme afgeskud is nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die taak van die speaker van 'n ........ is om orde te handhaaf.
slegs parlement Parlement of parlement slegs Parlement
Wanneer die naam van 'n instelling ("parlement"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)