0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-01-2026 só ingevul:



Herman se ........ glimlag het stelselmatig vir Sanet begin irriteer, want sy het gevoel dat hy daardeur sy werklike emosies vir haar weggesteek het.
41 % (afgerond)stereotiepe 
2 % (afgerond)stereotipie
58 % (afgerond)stereotipe

Die homofone "stereotiepe" en "stereotipe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotiep(e)" (byvoeglike naamwoord) beteken 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'. Daarteenoor beteken "stereotipe" (selfstandige naamwoord) 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Hulle het 'n plaag ........ deur die besmette katte onder kwarantyn te plaas.
2 % (afgerond)gevoorkom
1 % (afgerond)voorgekom
97 % (afgerond)voorkom 

Aangesien die klem op "kom" is in "voorkom" in hierdie sin, word die verlede deelwoord sonder "-ge-" gevorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die hoofstad van Noordwes is ........ .
78 % (afgerond)Mahikeng 
16 % (afgerond)Mafikeng
5 % (afgerond)Mafeking
1 % (afgerond)Mmafikeng

Mahikeng (voorheen Mafikeng en Mafeking) is die hoofstad van Noordwes en beteken 'plek van klippe' in Tswana.
Sien ook die bladsy Plekname.



Op watter étage woon jy?
'n Sinoniem vir die woord "étage" is ........ .
94 % (afgerond)verdieping 
1 % (afgerond)gebou
3 % (afgerond)hoek
2 % (afgerond)straat

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Die woord "étage" kom redelik min in Afrikaans voor, maar is 'n sinoniem vir "verdieping" en kom uit Frans.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties