0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 17 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-12-2025 só ingevul:



Die vliegtuigongeluk was ’n ........ gebeurtenis.
97 % (afgerond)droewige 
2 % (afgerond)droewig
1 % (afgerond)droewigge

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("droewig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Daardie ........ verbeel hom hy is slimmer as enigiemand anders.
98 % (afgerond)wysneus 
1 % (afgerond)wysnees
1 % (afgerond)weisneus
wuisnees

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die hoër olieprys laat boere se ........ styg.
insit-koste
7 % (afgerond)insitkoste
92 % (afgerond)insetkoste 
1 % (afgerond)inset koste

ʼn Samestelling ("insetkoste") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("inset" en "koste") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die huis het 'n besondere hoë ........ .
1 % (afgerond)plavon
96 % (afgerond)plafon 
2 % (afgerond)plaffon
1 % (afgerond)plafón

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "plafon" kom uit Frans.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties