09 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-03-2026 só ingevul:
Ek het die toneelstuk baie toeganklik vir die gewone publiek gevind. Wat is die woordsoort van "toeganklik" in bostaande sin?
bywoord voegwoord byvoeglike naamwoord voornaamwoord
’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “toeganklike” toneelstuk. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “toeganklik”, “toegankliker”, “toeganklikste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Herderspastei is 'n bekende gereg van maalvleis, groente en ........ .
kapok aartappels kapokaartappels kapoksaartappels kapok-aartappels
Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel. Die samestelling "kapokaartappels" kry nie 'n verbindings-s nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Alex se reis na Egipte was 'n ........ ervaring.
verryk verrykend verrykende verrykte
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
'n "Jan Pampoen" is 'n verkleinerende of skertsende manier om na 'n ........ te verwys.
stommerik opgetooide kêrel sukkelaar papbroek
"Jan" is een van die gewoonste mansname wat in baie uitdrukkings gebruik word. 'n Stommerik is 'n "Jan Pampoen". 'n "Jan Salie" is 'n papbroek. 'n Sukkelaar is 'n "Jan Kalbas". 'n Opgetooide kêrel is 'n "Jan "Laventel".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)