1909 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 09 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-12-2025 só ingevul:



Die gewilde televisiereeks "Derrick" is destyds uit Duits na Afrikaans ........ .
2 % (afgerond)geoorklank
1 % (afgerond)oor geklank
97 % (afgerond)oorgeklank 
geöorklank

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Nege is die ........ van drie.
1 % (afgerond)kwadrad
91 % (afgerond)kwadraat 
kwadrat
9 % (afgerond)kwadraad

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die Republiek Ierland gebruik die ........ as geldeenheid.

12 % (afgerond)pond
36 % (afgerond)Euro
16 % (afgerond)Pond
36 % (afgerond)euro 

Die name van geldeenhede begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.



Die prys van goud sal waarskynlik oor die volgende paar maande ........ bly.
1 % (afgerond)bedruk bly
1 % (afgerond)gedruk bly
21 % (afgerond)onderdruk
77 % (afgerond)onder druk 

As iemand of iets "onder druk" verkeer, beteken dit 'daar is druk op iets of iemand'; die woord "onderdruk" is 'n werkwoord wat 'in bedwang hou' beteken; die woord "bedruk" is 'n sinoniem vir "depressief"; die woord "gedruk" is die verlede tyd van "druk".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties