25 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-11-2025 só ingevul:
Ek het nie tyd vir sulke ........ mense nie; hulle neem altyd ’n gesprek oor.
fanatiese fenatiese fenaties fanaties
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("fanaties"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
ʼn Deel van die dorp is onder ........ geplaas toe daar maagkoors uitbreek.
kwarentein kwarentyn kwarantein kwarantyn
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die tweede "a" in "kwarantyn"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "kwarentyn").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Die ........ is bekend vir die hoë vetinhoud in hul melk.
slegs jerseys slegs Jerseys jerseys of Jerseys
Die name van diererasse kan met hoof- of kleinletters geskryf word, byvoorbeeld "dobermann of Dobermann"; "jersey of Jersey"; "merino of Merino".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
........ Griet! Wat gaan hier aan?
Grote Groote Grootte
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)