1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 18 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-11-2025 só ingevul:



Die pasiënt moes ........ toetse ondergaan om die oorsaak van die siekte vas te stel.
2 % (afgerond)klieniese
97 % (afgerond)kliniese 
klienies
1 % (afgerond)klinies

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die fietsrybaan is nie rond nie, maar wel ........ .
oevaal
100 % (afgerond)ovaal 
ofaal
oefaal

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie.
17 % (afgerond)slegs Ebola-virus
21 % (afgerond)ebola of Ebolavirus
47 % (afgerond)slegs Ebolavirus 
15 % (afgerond)slegs ebolavirus

Volgens hoofstuk 9 van die AWS word die name van plante en diere wat na 'n plek verwys met kleinletters geskryf. Ebola is egter 'n siekte en nie 'n plant of dier nie en is dus nie op hierdie reël van toepassing nie, maar wel dat plekname met hoofletters gespel word.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die polisie werk nou nog harder met misdadigers se gal.
Johannes het behoorlik gal afgegaan oor die slordige werk.
Wat is die woordsoort van die woord "gal"in bogenoemde sinne?
73 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)antoniem
3 % (afgerond)sinoniem
22 % (afgerond)poliseem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “gal” (‘met iemand se gal werk’) en “gal” (‘gal afgaan oor iets’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties