18 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-11-2025 só ingevul:
Die pasiënt moes ........ toetse ondergaan om die oorsaak van die siekte vas te stel.
klieniese kliniese klienies klinies
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die fietsrybaan is nie rond nie, maar wel ........ .
oevaal ovaal ofaal oefaal
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie.
slegs Ebola-virus ebola of Ebolavirus slegs Ebolavirus slegs ebolavirus
Volgens hoofstuk 9 van die AWS word die name van plante en diere wat na 'n plek verwys met kleinletters geskryf. Ebola is egter 'n siekte en nie 'n plant of dier nie en is dus nie op hierdie reël van toepassing nie, maar wel dat plekname met hoofletters gespel word.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die polisie werk nou nog harder met misdadigers se gal. Johannes het behoorlik gal afgegaan oor die slordige werk. Wat is die woordsoort van die woord "gal"in bogenoemde sinne?
homoniem antoniem sinoniem poliseem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “gal” (‘met iemand se gal werk’) en “gal” (‘gal afgaan oor iets’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)