1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 11 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-11-2025 só ingevul:



Ek is baie opgewonde! Pappa gaan vir my 'n splinternuwe ........ koop!
5 % (afgerond)winbuks
1 % (afgerond)wimbuks
94 % (afgerond)windbuks 

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as 't ware deur 'n ander klank opgeneem.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Johnny is 'n ........ persoon as dit by wetenskap kom.
1 % (afgerond)ingeligdte
51 % (afgerond)ingeligte of ingeligde 
43 % (afgerond)ingeligte
4 % (afgerond)ingeligde

By voltooide deelwoorde wat op "f", "g" en "s" uitgaan, word attributiewe vorme met "-te" of "-de" erken.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die aartsbiskop van ........ (Engels 'Canterbury') is die geestelike hoof van die Kerk van Engeland en die belangrikste godsdienstige figuur in Groot-Brittanje.
5 % (afgerond)Canterburg
12 % (afgerond)Kanterburg
18 % (afgerond)Kantelburg
65 % (afgerond)Kantelberg 

Sommige plekname word verafrikaans, veral waar dit van historiese of godsdienstige belang is, soos hier waar dit deel uitmaak van die ampstitel van 'n kerklike figuur. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Kerk_van_Engeland
Sien ook die bladsy Plekname.



Wanneer jy meer as een quiche in jou yskas het, het jy quiches of ........ .
9 % (afgerond)quicheë
5 % (afgerond)quichese
4 % (afgerond)quichee
82 % (afgerond)quiche'e 

Soortgelyk aan woorde soos "doktor", "kapelaan" en "hotel", kan "quiche" ook twee meervoudsvorme hê.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties