1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 05 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-11-2025 só ingevul:



Ons het besluit om ons kinders na 'n ........ te stuur.
32 % (afgerond)privaat skool of private skool 
1 % (afgerond)privateskool
34 % (afgerond)privaatskool
34 % (afgerond)privateskool of privaatskool

Byvoeglike name soos "privaat" word gewoonlik los van die daaropvolgende selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van betekenisverdigting en samestellende samestellings.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



"Net toe ek amper aan die slaap raak, hoor ek iemand saggies fluister: ........ Het jy nie die foon hoor lui nie? ........ " vertel Danél met 'n bewerige stem.
8 % (afgerond)geen leestekens
1 % (afgerond)( )
47 % (afgerond)" "
44 % (afgerond)' ' 

Enkelaanhalings word vir aanhalings binne 'n aanhaling gebruik.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Idioom: Iemand sal die ........ moet vashou. Hierdie idioom beteken 'iemand sal die verantwoordelikheid moet dra'.
7 % (afgerond)lepel
60 % (afgerond)stuur
4 % (afgerond)beker
29 % (afgerond)baba 

Hierdie idioom beteken 'iemand sal die verantwoordelikheid moet dra'.

Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ is die grootste oseaan ter wêreld.
95 % (afgerond)Stille Oseaan 
3 % (afgerond)Stille oseaan
1 % (afgerond)stille-Oseaan
1 % (afgerond)stille Oseaan

Geografiese name, byvoorbeeld die name van oseane en mere, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties