1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-10-2025 (vlak 2)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-10-2025 só ingevul:



Nelson Mandela is as president verkies in die ........ .
40 % (afgerond)1994 verkiesing
60 % (afgerond)1994-verkiesing 
1 % (afgerond)1994verkiesing

Wanneer 'n syfer, simbool of getal met 'n woordelement verbind en 'n soortnaamsamestelling of 'n afleiding vorm, word die syfer, simbool of getal met 'n koppelteken aan die res verbind.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Met duidelike spot in sy oë kan mens sien hy stem nie saam met sy broer se ........ nie.
2 % (afgerond)<taktiek>
37 % (afgerond)'taktiek'
60 % (afgerond)"taktiek" 
1 % (afgerond)(taktiek)

Die dubbelaanhalingsteken word soms gebruik om te wys dat iets ironies, sarkasties, ensovoorts bedoel word.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Die ........ (papbroek) het weggehardloop toe die eerste skote klap.
20 % (afgerond)Jan Pampoen
66 % (afgerond)Jan Salie 
1 % (afgerond)Jan Burger
13 % (afgerond)Jan Balie

'n "Jan Salie" is 'n "papbroek".
'n "Jan Pampoen" is 'n "niksbeduidende vent, stommerik".
'n "Jan Balie" is 'n "persoon met 'n baie groot maag".
'n "Jan Burger" is "die gewone burger".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die eerste Suid-Afrikaner wat ʼn ruimtereis onderneem het, is ........ .

1 % (afgerond)Marcus Shuttelworth
1 % (afgerond)Markus Skottelman
92 % (afgerond)Mark Shuttleworth 
5 % (afgerond)Marc Shattelworth

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties