1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 22 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-10-2026 só ingevul:



Die digter se omvangryke ........ word eersdaags gepubliseer.
88 % (afgerond)oeuvre 
1 % (afgerond)evre
10 % (afgerond)oewre
1 % (afgerond)ewre

Vreemde woorde ("oeuvre") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Maandag is altyd ʼn ........ dag.
1 % (afgerond)bedrywende
99 % (afgerond)bedrywige 
bedryfd
bedrywig

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("bedryfwig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Julle kan by ons kom kuier, ........ Jan.
84 % (afgerond)oom 
16 % (afgerond)Oom

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Af en toe vaar ʼn boot op die kanaal verby.
Onder watter kategorie van die betrokke woordsoort val "kanaal" in bostaande sin?

9 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
1 % (afgerond)massaname
9 % (afgerond)eiename
80 %soortname 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "kanaal", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties