1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 21 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-08-2026 só ingevul:



Die woord "stede" in die volgende sinne is ’n ........ .
In stede van leer, het hy gaan fliek.
Johannesburg, Amsterdam, New York en Berlyn is bekende stede.
8 % (afgerond)homofoon
antifoon
1 % (afgerond)sinoniem
91 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "in stede van" (‘in plaas van’) en "stede" (‘groot nedersettings’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Die maatskappy weier om aan die ........ eise van die stakers gehoor te gee.
3 % (afgerond)oordrywe
94 % (afgerond)oordrewe 
2 % (afgerond)oordryfde
1 % (afgerond)oordryfte

By sommige voltooide deelwoorde ontstaan ’n klankverskil ("oordrewe"). Sulke woorde het gewoonlik ’n meer figuurlike betekenis.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Idioom: Deur skade en ........ word 'n mens wys.

skalmei
1 % (afgerond)skaking
98 % (afgerond)skande 
skarlaken

Die idioom "deur skade en skande word 'n mens wys" beteken 'deur onaangename ondervindings leer 'n mens'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Pa staan op 'n stellasie om die muur te verf.
Wat is die woordsoort van "stellasie" in bostaande sin?
1 % (afgerond)werkwoord
97 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
voegwoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “stellasie - die stellasie – stellasies”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties