19 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-08-2026 só ingevul:
Dit duur ’n ........ uur om by die lughawe uit te kom.
fol folle volle vol
Sommige byvoeglike naamwoorde ("vol") wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan , kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Sy het kalm en ........ gepraat.
beheers behers beëers beheërs
In geslote lettergrepe (soos in die woord “beheers”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 18.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die atleet ........ .
wissel sy oefeninge af sy oefeninge afwissel afwissel sy oefeninge
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die atleet wissel sy oefeninge af” en “Die atleet moet sy oefeninge afwissel”.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ het ’n verbete aanval op die vyand uitgevoer.
kavellerie kavallerie kawellerie kawallerie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "kavallerie", "vanielje", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)