05 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-08-2026 só ingevul:
Die ........ leerder was ongeskik teenoor die onderwyser.
astrande astrand astrant astrante
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("astrant"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ moet dieselfde kleur as die deur wees.
deurkosein deur kosein deur-kosyn deurkosyn
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ek het vir jou ’n paar opmerkings in die ........ geskryf.
kant lyn kantlyn kand-lyn kandlyn
ʼn Samestelling ("kantlyn") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("kant" en "lyn") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "vertrek" in die volgende twee sinne is ’n ........ . Ons vertrek binnekort met vakansie. Die sitkamer is die middelste vertrek van die huis.
homofoon sinoniem homoniem antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "vertrek" (‘onderweg wees’) en "vertrek" (‘kamer’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)