0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 04 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-08-2026 só ingevul:



Hoor hoe kwaak die paddas.
Wat is die woordsoort van "paddas" in die sin?
4 % (afgerond)werkwoord
95 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
bywoord
voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: padda - die padda - paddas.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons moet hierdie taak ........ saam afhandel.
9 % (afgerond)twee twee
4 % (afgerond)tweetwee
87 % (afgerond)twee-twee 

Herhalingsamestellings (reduplikasies) word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



AB ........ was in 'n stadium die beste kolwer ter wêreld.
16 % (afgerond)De Villiers
1 % (afgerond)De villiers
de villiers
83 % (afgerond)de Villiers 

Indien vanne uit twee los geskrewe dele bestaan, begin elke deel met 'n hoofletter (byvoorbeeld "De Villiers"). As 'n voorletter of voornaam dit egter voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Idioom: Hy is met 'n ........ gevang en het al sy geld verloor.
75 % (afgerond)slenter 
9 % (afgerond)net
11 % (afgerond)wip
6 % (afgerond)wortel

Die idioom "met 'n slenter vang" beteken 'kul'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties