26 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-06-2026 só ingevul:
Ons sal ........ by die konferensie - dit is 'n belangrike byeenkoms van kenners in die bedryf.
profiteer profitteer profeteer profetteer
Die woorde "profiteer" wat 'baat vind' beteken en "profeteer" wat 'die toekoms voorspel' beteken, is homofone van mekaar omdat hulle verskillend gespel word, verskillende betekenisse het, maar dieselfde uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Homofone.
Idioom: Voel soos 'n kraai in ........ .
pouvere Pretoria pelse Palestina
Die idioom "voel soos 'n kraai in pouvere" beteken 'baie ongemaklik voel'. Dit kom na aanleiding van die fabel van Esopus oor die kraai en die poue. Die kraai het vere opgetel van die poue wat verveer het en dit aan sy stert vasgemaak. Toe hy naby die poue kom, het hulle die bedrog agtergekom, hom gepik en sy geleende vere afgepluk. Hy moes toe terugkeer na die ander kraaie, wat ook met hom geraas het omdat hy met geleende vere wou pronk.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ek kan nie vanaand gaan fliek nie; ek is ........ .
platsak plat sak plat-sak plats sak
Byvoeglike naamwoorde ("plat") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde ("sak") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die kwaai vrou het haar man 'n klap deur sy gesig gegee. Die klap van die geweer het my laat skrik. Die woord "klap" in bostaande sinne is 'n ........ .
antoniem poliseem sinoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “klap” (‘hard teen die gesig slaan’) en “klap” (‘harde plofgeluid’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)