25 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-07-2024 só ingevul:
Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.
toeër
meer toeër
meer toe
toër
Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Identifiseer die FOUT in die volgende sin: Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.
kolwyntjies
makrolletjies
skuimpies polvyntjies
Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.
stoet Jersey
stoet jersey stoet-Jersey of stoetjersey
Stoetjersey of stoetjersey
In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Die ingewikkelde woordsom het Albert ........ besorg.
hoofbrekings hoofbrekens of hoofbrekings
hoofbrekens
'n hoofbrekening
Probleme wat besondere verstandelike inspanning verg, word "hoofbrekens" of "hoofbrekings" genoem. Dit is met ander woorde iets waaroor jy jou hoof as 't ware breek. Die woord het nie 'n enkelvoudsvorm in Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)