Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Wisselvorme

'n Wisselvorm is 'n alternatiewe of verskillende vorm van 'n woord, maar wat steeds korrek gespel is. Die een kan dus die ander vervang sonder om die betekenis te verander. So byvoorbeeld is skryf en skrywe wisselvorme.

 

Net een spelling van wisselvorm behoort in 'n dokument gebruik te word.

 

Voorbeelde van wisselvorme:

  • ander of andere
  • aspirien of aspirine
  • bestraffing of bestrawwing
  • indiwidu  of individu
  • laboratoria of laboratoriums
  • Meksiko of Mexiko
  • diachronies of diakronies
  • restourant of restaurant
  • Sjinees of Chinees
  • skryf of skrywe
  • sterf of sterwe

 


Die volgende woorde is nie wisselvorme nie, omdat hulle verskillende woordsoorte het:

 

  • marine (selfstandige naamwoord) teenoor mariene (byvoeglike naamwoord)
  • stereotipe (selfstandige naamwoord) teenoor stereotiepe (byvoeglike naamwoord)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties