Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 11-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 11 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-04-2024 só ingevul:



Die huis is baie oud, ons moes sy skakelaars ........ .


gebedraad
hergebraad
1 % (afgerond)geherbedraad
98 % (afgerond)herbedraad 

Ná die hulpwerkwoord "moes" word die onverboë vorm van die werkwoord gebruik.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Herman se ........ glimlag het stelselmatig vir Sanet begin irriteer, want sy het gevoel dat hy daardeur sy werklike emosies vir haar weggesteek het.


55 % (afgerond)stereotipe
45 % (afgerond)stereotiepe 
1 % (afgerond)stereotipie

Die homofone "stereotiepe" en "stereotipe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotiep(e)" (byvoeglike naamwoord) beteken 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'. Daarteenoor beteken "stereotipe" (selfstandige naamwoord) 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'.
Sien ook die bladsy Homofone.




Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.


75 % (afgerond)in ag geneem 
5 % (afgerond)in aggeneem
1 % (afgerond)inag geneem
19 % (afgerond)inaggeneem

"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




'n Ander betekenis vir die woord "toetakel" as 'te lyf gaan', is ........ .


5 % (afgerond)baie geskenke gee
42 % (afgerond)opsmuk 
53 % (afgerond)iets lelik sê

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toetakel” (‘opsmuk’) en “toetakel” (‘te lyf gaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties