Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 10-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 10 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-04-2024 só ingevul:



Die sebra-engelvis (só genoem weens sy ........ voorkoms), leef van plankton.


10 % (afgerond)slegs sebraägtige
20 % (afgerond)sebraägtige of zebra-agtige
62 % (afgerond)sebraägtige of sebra-agtige 
8 % (afgerond)slegs zebraägtige

Woorde wat op 'n "a" eindig en "–agtig" agterna het, kry 'n deelteken óf koppelteken.
(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Genicanthus_caudovittatus)
Sien ook die bladsy Deelteken.




Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.


10 % (afgerond)20 literhouers
84 % (afgerond)20-literhouers 
6 % (afgerond)20 liter houers

Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die non beskou haar suster se gedrag as totaal ........ .


4 % (afgerond)slegs Goddeloos
84 % (afgerond)slegs goddeloos 
13 % (afgerond)Goddeloos of goddeloos

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Daar was groot onenigheid by die vergadering; die ........ het gewaai!


4 % (afgerond)winde
17 % (afgerond)skerwe of splinters
73 % (afgerond)spaanders of skerwe 
6 % (afgerond)splinters

Die idioom "die spaanders sal waai" beteken 'dit sal woes gaan' of 'hier kom groot rusie'. Die WAT gee ook "die skerwe sal waai" aan.
(Bron: HAT6 en WAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties