Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 10-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 10 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-04-2024 só ingevul:



Wanneer ek vir sake reis, gaan ek liewer in ........ as hotelle tuis.


11 % (afgerond)gaste huise
88 % (afgerond)gastehuise 
gastehuisens
1 % (afgerond)gastehuiste

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("gastehuis"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die ........ is die groter boet van die hobo in die simfonieorkes.


17 % (afgerond)faggot
8 % (afgerond)vaggot
67 % (afgerond)fagot 
8 % (afgerond)vagot

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Sodra die skof verby is, keer al die busse terug na die ........ .


63 % (afgerond)busterminus 
13 % (afgerond)bus terminus
16 % (afgerond)bustermines
8 % (afgerond)bus termines

Die eindpunt waarheen busse terugkeer, noem ons ’n busterminus.
Sien ook die bladsy Weetwoorde.




Ek eet altyd ’n bietjie ........ saam met my bobotie.


64 % (afgerond)blatjang 
10 % (afgerond)bladjan
10 % (afgerond)blatjan
16 % (afgerond)bladjang

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties