Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Versamelname

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Byvoorbeeld:

  • bende rowers
  • bundel gedigte
  • skool visse 
  • swerm bye/voëls
  • trop eende/ganse
  • vloot skepe 

Benamings vir 'n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels gesien as versamelwoorde. Byvoorbeeld:

  •     antibiotika is 'n versamelnaam vir 'n groep geneesmiddele
  •     bagasie is 'n versamelnaam vir 'n versameling koffers of pakkies waarin reisgoed ingepak is

Versamelwoorde soos bagasie word slegs in die enkelvoud gebruik, al verwys dit na 'n versameling of groepering.






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties