Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 09-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 09 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-04-2024 só ingevul:



Dit is met ........ dat die nuwe titelhouer aangekondig word.


28 % (afgerond)genoë
genoee
71 % (afgerond)genoeë 
1 % (afgerond)genoeg

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Ek is tydens my promosie deur twee ........ bygestaan.


7 % (afgerond)paranimwe
8 % (afgerond)paranimfs
85 % (afgerond)paranimfe 
paranimffe

Die meervoud van "paranimf" is "paranimfe".
By woorde met ʼn dubbele konsonant aan die einde van die woord, word 'n "e" gevoeg om die meervoudsvorm aan te dui. Gewoonlik word die "f" 'n "w", maar daar is 'n paar uitsonderings soos byvoorbeeld: "nimf" - "nimfe", "triomf" - "triomfe", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Tannie Poppie is 'n regte ........ ; op 75 klim sy nog die koppies uit om die bokke aan te jaag.


3 % (afgerond)Kan-nie-dood
1 % (afgerond)kan nie dood
4 % (afgerond)Kanniedood
92 % (afgerond)kanniedood 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kanniedood”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Sy optrede lyk vir my ........ ; ek dink jy moet gaan ondersoek instel.


97 % (afgerond)verdag 
agterdog
3 % (afgerond)agterdogtig
bedag

'n Mens kan "agterdogtig" wees as jy iemand wantrou; die optrede van iemand is "verdag".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties