Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 05-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 05 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-04-2024 só ingevul:



Die hond het ........ die hek gespring.


31 % (afgerond)slegs bo-oor
1 % (afgerond)slegs boöor
63 % (afgerond)bo-oor of bo oor 
5 % (afgerond)slegs bo oor

Wanneer 'n setsel plus 'n setsel saam as 'n voorsetsel optree, kan dit los of vas geskryf word (AWS 15.3e).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Kinders is afhanklik van hul ouers.
Watter soort byvoeglike naamwoord is "afhanklik" in bostaande sin?



33 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord
andersklinkende byvoeglike naamwoord
15 % (afgerond)prediktiewe byvoeglike naamwoord
52 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord 

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n ongepoetste vent”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die kinders is afhanklik".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Ons sal maar ........ die vraelyste moet voltooi.


30 % (afgerond)willende of onwillende
3 % (afgerond)goedskuks en kwaadskuks
7 % (afgerond)goedskuks of kwaadskuks
61 % (afgerond)goedskiks of kwaadskiks 

Die Engelse vaste uitdrukking "willingly or unwillingly" (of "willy-nilly") word in Afrikaans vertaal met 'goedskiks of kwaadskiks'. Dit beteken 'om iets teen wil en dank te doen'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Myns insiens is die woord "trok" ........ en behoort nie as Standaardafrikaans gereken te word nie.



27 % (afgerond)slegs on-Afrikaans
59 % (afgerond)onafrikaans of on-Afrikaans 
14 % (afgerond)slegs Onafrikaans

Wanneer byvoeglike naamwoorde wat afgelei is van woorde wat normaalweg met 'n hoofletter gespel word, deur die voorvoegsel "on-" voorafgegaan word, kan die woord sonder 'n koppelteken met 'n kleinletter vas aan die voorvoegsel geskryf word, byvoorbeeld "onafrikaans", "onboeddhisties", "onbybels". Hierdie woorde mag egter ook met 'n koppelteken gespel word, byvoorbeeld "on-Afrikaans".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties