Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 05-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 05 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-04-2024 só ingevul:



Die bokser het opponent 'n behoorlike opstopper gegee.
Wat is 'n sinoniem vir "opstopper" in bogenoemde sin?


97 % (afgerond)vuishou 
1 % (afgerond)toejuiging
1 % (afgerond)pleister
applous

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n
sinoniem vir "opstopper" is 'n "vuishou".
"Toejuiging" en "applous" is ook sinonieme van mekaar.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die kragonderbreking het die trein ........ .


4 % (afgerond)gevertraag
2 % (afgerond)vergetraag
fertraag
93 % (afgerond)vertraag 

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vertrek"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die orige buurman daag ........ en ontydig hier op.


3 % (afgerond)tuidig
2 % (afgerond)tydug
94 % (afgerond)tydig 
1 % (afgerond)teidig

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "tydig en ontydig"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die Afrikaanse vertaling van die rugbyterm "flyhalf" ........ .



6 % (afgerond)halwe vlieg
73 % (afgerond)losskakel 
21 % (afgerond)halwe vleuel

Afrikaans is ryk aan terme vir sport. Die Afrikaanse vertaling vir die Engelse "flyhalf" is "losskakel".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties