Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 04-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 04 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-04-2024 só ingevul:



Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.


75 % (afgerond)pekari's 
10 % (afgerond)pekarisse
6 % (afgerond)pekaris
9 % (afgerond)pekaries

Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word.
Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die offisier het nie die ........ korrek aangespreek nie.


92 % (afgerond)kolonel 
3 % (afgerond)kolonêl
1 % (afgerond)kolenel
3 % (afgerond)kollonel

Hoewel vokaalverswakking plaasvind, word die "uh"-klank soms nog as "o" gespel ter wille van die Afrikaanse speltradisie.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Liza speel 'n ........ op die klavier vir die boemelaar in die straat.


2 % (afgerond)slampamper liedjie
1 % (afgerond)slampamper-liedjie
96 % (afgerond)slampamperliedjie 
slamp amper-liedjie

ʼn Samestelling (“slampamperliedjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“slampamper” en “liedjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "slampamper" word nie baie gebruik nie, maar beteken 'leegloper', 'niksnut' of 'iemand wat baie eet en drink'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus.
'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .


2 % (afgerond)opwindend
69 % (afgerond)twyfelagtig 
3 % (afgerond)beklemmend
26 % (afgerond)kommerwekkend

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig.
Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties