Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 04-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 04 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-04-2024 só ingevul:



Jy word aan hierdie ........ gemeet.


80 % (afgerond)maatstaf 
19 % (afgerond)maatstaaf
maat-staf
1 % (afgerond)maat staf

ʼn Samestelling ("maatstaf") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("maat" en "staf") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Daardie klein ........ is 'n knapie wat nie onderskat moet word nie, hoor!


15 % (afgerond)Annendalekie
3 % (afgerond)Annendale'kie
64 % (afgerond)Annendaletjie
17 % (afgerond)Annendale'tjie 

Name of vanne wat op "e" of "ers" of "s" eindig, en wat nie uitgespreek word nie, kry in die meervoud of verkleiningsvorm 'n afkappingsteken.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




........ Die baba slaap, en as julle haar wakker raas gaan julle les opsê!
Watter tussenwerpsel sal as waarskuwing dien in bostaande sin?


3 % (afgerond)Ai!
8 % (afgerond)Foeitog!
88 % (afgerond)Sjuut! 
1 % (afgerond)O!

Tussenwerpsels (ook uitroepe genoem) word gebruik om verbasing, blydskap, hartseer, pyn, ensovoorts uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.




In die winter groei hier baie ........ .


3 % (afgerond)Vark-blomme
75 % (afgerond)varkblomme 
4 % (afgerond)vark blomme
17 % (afgerond)Varkblomme

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "varkblomme", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties