Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 03-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 03 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-04-2024 só ingevul:



Wat is die meervoud van "OVDG"?
(Orde vir Voortreflike Diens: Goud)


15 % (afgerond)OVDG'e
5 % (afgerond)OVDGe
16 % (afgerond)OVDGs
64 % (afgerond)OVDG's 

Meervoude van akronieme kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.


8 % (afgerond)renosterteenstropings opleidingseenheid
1 % (afgerond)renosterteenstropings opleidings eenheid
86 % (afgerond)renosterteenstropingsopleidingseenheid 
4 % (afgerond)renosterteenstropings-opleidings eenheid

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op
“-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”.
Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




20 ........ het die partytjie bygewoon.


77 % (afgerond)mense 
23 % (afgerond)Mense

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met 'n syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Idioom: Onder die ........ van die nag.


3 % (afgerond)donkerte
78 % (afgerond)sluier 
12 % (afgerond)beskerming
7 % (afgerond)duisternis

Die idioom "onder die sluier van die nag", beteken 'onder die bedekking van die donker'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties