Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 03-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 03 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-04-2024 só ingevul:



Die ........ stelling is die korrekte een.


14 % (afgerond)eers genoemde
2 % (afgerond)eers genoem
83 % (afgerond)eersgenoemde 
1 % (afgerond)eersgenoemd

Sommige byvoeglike naamwoorde ("eersgenoemd’) wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word "eersgenoemde".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Ek wonder wat ........ die klompie daar om die hoek.


20 % (afgerond)koukes
16 % (afgerond)koukis
64 % (afgerond)koukus 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "koukes" in plaas van die korrekte "koukus".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Ek dink jy het my ........ ; ons het twee pizzas bestel, nie 20 nie.


2 % (afgerond)mis-verstaan
85 % (afgerond)misverstaan 
13 % (afgerond)mis verstaan

ʼn Samestelling (“misverstaan”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“mis” en “verstaan”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Spur is 'n gewilde ........ .


7 % (afgerond)restoerant
42 % (afgerond)restaurant of restourant 
46 % (afgerond)restaurant
6 % (afgerond)restourant

Beide "restaurant" en "restourant" is aanvaarbaar in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties