Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 02-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 02 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-04-2024 só ingevul:



Die gholfspeler het ʼn lang hou na die setperk toe geslaan.
Wat is die woordsoort van "hou" in bostaande sin?



72 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
21 % (afgerond)werkwoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
4 % (afgerond)voegwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “hou - die hou – houe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




As jy 'n ........ sien, moet jy daar stilhou.


4 % (afgerond)stop-teken
9 % (afgerond)stop teken
87 % (afgerond)stopteken 

ʼn Samestelling (“stopteken”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“stop” en “teken”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ek waardeer ........ opbouende kritiek.


19 % (afgerond)U of u
52 % (afgerond)slegs u  
11 % (afgerond)slegs U
17 % (afgerond)slegs u se

Die hoflikheidsvorm "u" wat na mense verwys, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Uitdrukking: 'n ........ in die keel hê.


91 % (afgerond)Knop 
5 % (afgerond)Pyn
4 % (afgerond)Seer

Die uitdrukking "'n knop in die keel hê", beteken 'sprakeloos van aandoening wees'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties