Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 29-03-2024 (vlak 3)



vorige toets 29 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-03-2024 só ingevul:



Die verdagte ry 'n blou ........ .


11 % (afgerond)vier-deur-Ford
2 % (afgerond)vier deur Ford
68 % (afgerond)vierdeur-Ford 
19 % (afgerond)vierdeur Ford

In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




Die Bloeddiens se doelwit is om 5 000 ........ bloed voor Kersfees te ontvang.


89 % (afgerond)eenhede 
1 % (afgerond)punte
9 % (afgerond)pinte

In Suid-Afrika gebruik ons die metrieke maat. Een eenheid bloed is ongeveer 480 ml wat in elk geval minder is as 'n pint, wat sowat 568 ml is.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Idioom: Vir jou ........ uitkruip.



14 % (afgerond)insekte
54 % (afgerond)suiker 
32 % (afgerond)bed

Die idioom "vir jou suiker uitkruip" beteken 'selfstandig word'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




PG du Plessis was 'n bekende ........ dramaturg.


5 % (afgerond)Afrikaans sprekende
79 % (afgerond)Afrikaanssprekende 
4 % (afgerond)afrikaansprekende
12 % (afgerond)afrikaanssprekende

Aangesien Afrikaans 'n taalnaam is, word dit met 'n hoofletter in hierdie samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties