Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 26-03-2024 (vlak 1)



vorige toets 26 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-03-2024 só ingevul:



........ hou jy op jou toebroodjie?


3 % (afgerond)Wat van
17 % (afgerond)Van wat
80 % (afgerond)Waarvan 

Ons gebruik meestal "waarvan" en nie "van wat" nie in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Waarvan vs. van wie.




Suid-Afrika spog deesdae met verskeie bekende ........ .


34 % (afgerond)mode-ontwerpers
57 % (afgerond)modeontwerpers 
modeöntwerpers
9 % (afgerond)mode ontwerpers

ʼn Samestelling ("modeontwerper") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mode" en "ontwerper") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Liesel ........ inspireer vele vroue om voluit te leef.


83 % (afgerond)Krause-Wiid 
5 % (afgerond)Krause-wiid
13 % (afgerond)Krausewiid

By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Idioom: Die ........ met iemand skeer.


12 % (afgerond)baard
3 % (afgerond)snor
86 % (afgerond)gek 

Die idioom "die gek met iemand skeer" beteken 'iemand vir die gek hou'. In Ou Nederlands beteken "scheren" 'om voor te doen as'. Om dus met iemand die gek te skeer was om hom/haar as 'n gek voor te stel.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties