Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 25-03-2024 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-03-2024 só ingevul:



Besoekers word gemaan om die terrein ........ te benader.


86 % (afgerond)versigtig 
14 % (afgerond)omsigtig

Die woorde "versigtig" en "omsigtig" is grootliks sinonieme, maar "omsigtig" word meer figuurlik gebruik en beteken 'met oorleg', 'nie halsoorkop nie', byvoorbeeld 'n delikate situasie. Die woord "versigtig" beteken 'behoedsaam om gevare of probleme te vermy'.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Die kwessie het vanjaar weer in die soeklig ........ .


56 % (afgerond)gekom 
41 % (afgerond)beland
ingekruip
2 % (afgerond)geplaas

Ons sê "in die soeklig kom", maar "onder die vergrootglas plaas". Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.


21 % (afgerond)nabye Oosterse
27 % (afgerond)Nabye Oosterse 
35 % (afgerond)Nabye-Oosterse
18 % (afgerond)nabye-Oosterse

Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Waarvoor staan die afkorting "kW"?


1 % (afgerond)kworum
kwart
98 % (afgerond)kilowatt 
1 % (afgerond)kwadraat

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls het 'n omvattende lys met afkortings in Afrikaans. Jy kan ook vir afkortings soek op www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties