Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 25-03-2024 (vlak 1)



Geen vorige toets beskikbaar nie 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-03-2024 só ingevul:



Volgens die storie rus daar ʼn ........ op seerowers se skatte.



4 % (afgerond)floek
1 % (afgerond)fluk
92 % (afgerond)vloek 
2 % (afgerond)vluk

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die twee spanne het ewe veel punte aangeteken en het gisteraand teen mekaar ........ om die wenner te bepaal.


6 % (afgerond)uit gespeel
geuitspeel
93 % (afgerond)uitgespeel 
ge-uitspeel

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Jan is die baas en ek as ........ moet maak soos hy sê.


66 % (afgerond)klaas 
33 % (afgerond)Klaas
1 % (afgerond)Claes
claes

Jy noem iemand 'n "klaas" as hy vir 'n baas werk. Wanneer "Klaas" met 'n hoofletter geskryf word, dui dit op iemand se naam.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.




Verskeie salwe bevat ........ omdat dit inflammasie verlig.


90 % (afgerond)kamfer 
4 % (afgerond)kamver
2 % (afgerond)kanver
3 % (afgerond)camfer

Naas "kamfer" is "kanfer" ook korrek.
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "kamfer – kanfer", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant". Om die rede sou "kanfer" ook korrek wees.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties