02 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-05-2024 só ingevul:
Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.
op soek
op-soek
opsoek
soek op
In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die studie van lewende wesens, veral wat betref die oorsprong en ontwikkeling van plante en diere noem ons ........ .
biolögie biologie
biölogie
bïologie
Geen klankverwarring ontstaan met die uitspreek van die klinkers in "biologie" nie, daarom kry dit ook geen deeltekens nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Betsie se familie is ........ .
doodryk
koningsryk
miljoenêrryk skatryk
As iemand baie ryk is, is hy/sy "skatryk".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die ........ is bekend vir hulle rotskuns in verskeie dele van die land.
Saan
san
saan San
Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met ʼn hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)