Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 06-07-2020 (vlak 1)



vorige toets 06 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-07-2020 só ingevul:



Hulle was ........ ná die week se harde werk.


97 % (afgerond)kapot 
1 % (afgerond)kipot
2 % (afgerond)kepot

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die "a" in "kapot"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "kepot").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.




Jason se ........ geaardheid maak hom baie ongewild.


3 % (afgerond)foortvarende
92 % (afgerond)voortvarende 
1 % (afgerond)foortvarend
5 % (afgerond)voortvarend

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("voortvarend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die enigste voël wat my babasussie ken, is 'n ........ .


61 % (afgerond)flamink 
7 % (afgerond)Vlamink
21 % (afgerond)Flamink
11 % (afgerond)vlamink

Die gewone benaminge van plante en diere begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die woord "stede" in die volgende sinne is ’n ........ .
In stede van leer, het hy gaan fliek.
Johannesburg, Amsterdam, New York en Berlyn is bekende stede.


82 % (afgerond)homoniem 
5 % (afgerond)sinoniem
2 % (afgerond)antifoon
11 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "in stede van" (‘in plaas van’) en "stede" (‘groot nedersettings’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties