Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Persoonsname

Persoonseiename (name en vanne) word met hoofletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Gerhard, Pieter-Willem
  • Delport, Van Huyssteen, Van der Merwe
  • Hettie van Wyk, Kobus van der Merwe 

Wanneer iemand sy/haar naam of van op 'n spesifieke manier skryf, word daardie konvensie behou. Byvoorbeeld:

  • breyten breytenbach
  • JCona 

'n Persoonsnaam is 'n semantiese kategorie van naamwoorde wat van ander naamwoorde of werkwoorde afgelei is en gebruik word om soorte mense te benoem. Hierdie woorde word gewoonlik, maar nie altyd nie, met kleinletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • kommunis
  • kubis
  • latinis
  • luisteraar
  • luteraan
  • swemmer
  • vertroueling





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties