25 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-04-2024 só ingevul:
Hulle huis is ʼn ........ van styl.
toonbeeld
toon beeld
toon-beeld
ʼn Samestelling ("toonbeeld") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("toon" en "beeld") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Mnr. Lategan sug en sê ........ "Heinrich, ek het nie meer lus om verder met jou te stry nie."
:
,
geen leesteken
;
Die dubbelpunt word gebruik voor woorde wat in die direkte rede aangehaal word.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Party mense glo dat as 'n uil ........ dit ongeluk bring.
sing
fluit roep
Uile roep, maar ander voëls sing, tjirp, kwetter of fluit.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Daai vrou wat die ystervroukompetisie gewen het, is ’n regte ........ .
Amasone
Ammesone amasone
ammesone
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "amasone", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)