Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-01-2025 (vlak 2)



vorige toets 13 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-01-2025 só ingevul:



Die jong kontrakteur het besluit om vir 'n groot projek te tender.
Wat is die woordsoort van die woord "tender" in bostaande sin?
2 % (afgerond)naamwoord
9 % (afgerond)selfstandige naamwoord
89 % (afgerond)werkwoord 
telwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "tender -getender".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



My ........ het my gehelp om 'n nuwe motor te koop.
Xman
37 % (afgerond)eks-man
3 % (afgerond)X-man
60 %eksman 

Die woord "eksman" is 'n gewone samestelling en kry nie 'n koppelteken nie. ʼn Samestelling is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die polisie het die ........ goedere onder die vloer in die huis gevind.
versteekt
5 % (afgerond)versteekde
versteekdte
95 % (afgerond)versteekte 

Voltooide deelwoorde wat op "k" of "p" eindig, kry "-te" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



........ Dat so iets nou met jou moes gebeur!
Watter tussenwerpsel sal van medelye getuig in bostaande sin?
3 % (afgerond)Sjuut!
2 % (afgerond)Gmpf!
95 % (afgerond)Foeitog! 
1 % (afgerond)Pfffft!

Tussenwerpsels (ook uitroepe genoem) word gebruik om verbasing, blydskap, hartseer, pyn, ensovoorts uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties