13 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-02-2025 só ingevul:
My suster-hulle se huis is in 'n ........ .
cul-de-sac cul-de-suc koel-de-sak koel-de-suk
'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat". 'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat" en kom uit Frans. Sommige vreemde woorde behou hul oorspronklike spelling. Volgens HAT6 word dit uitgespreek as "kuul-de-sak".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Die mense wat in die township woon, is ........ as die mense wat in die voorstede woon.
mees arm armer armste meer armer
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “arn”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “armer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die armste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Kranksinnigheid veroorsaak deur dwepery met godsdiens, word ........ genoem.
slegs Godsdienswaansin slegs godsdienswaan slegs godsdienswaansin slegs Godsdienswaan
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die populêre naam van die nasionale kunstefees wat jaarliks in en om Mbombela plaasvind, is ........ .
Op die vlakte In die woud In die bos Innibos
Die korrekte spelling van die naam van die kunstefees op Mbombela (voorheen Nelspruit) is Innibos.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)