Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 27 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-10-2026 só ingevul:



Die man het hom as ʼn polisieman ........ en so in die huis ingekom.

gevoordoen
2 % (afgerond)voor gedoen
98 % (afgerond)voorgedoen 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ van die kiesers is baie belangrik vir die ANC in die volgende verkiesing.
1 % (afgerond)steen
99 % (afgerond)steun 

Die woord "steen" verwys na iets waarmee jy 'n huis kan bou, terwyl "steun" ondersteuning impliseer.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Sy beklee die pos van ........ .
27 % (afgerond)slegs senior bestuurder
58 % (afgerond)Senior Bestuurder of senior bestuurder 
1 % (afgerond)slegs senior Bestuurder
13 % (afgerond)slegs Senior Bestuurder

'n Ampsbenaming ("senior bestuurder") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Die voorstel is sonder ........ aanvaar.
6 % (afgerond)slegs teëstem
76 % (afgerond)teëstem of teenstem 
19 % (afgerond)slegs teenstem

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "teenstem – teëstem"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties