Algemene beginsels
In Afrikaans word die verlede tyd gewoonlik gevorm deur die hulpwerkwoord het, gevolg deur ge-+werkwoord.
| Teenwoordige tyd | Verlede tyd |
|---|---|
| Jan skop die bal. | Hy het die bal geskop. |
| Susan dra 'n geel baadjie. | Sy het 'n geel baadjie gedra. |
Uitsonderings
Sommige werkwoorde kry nie 'n ge- in die verlede tyd nie. Dit sluit in woorde wat begin met be-, ge-, her-, er-, ont-, ver-, weer- en onder-. Byvoorbeeld:
Skakelwerkwoorde, naamlik begin, bly, gaan, help, hoor, kom, leer, ophou, probeer, sien en voel, wat voor 'n ander werkwoord kom, kry nie ge- vooraan nie. Byvoorbeeld:
By sommige werkwoorde met twee lettergepe is ge- in die verlede tyd opsioneel. Byvoorbeeld: