27 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-10-2026 só ingevul:
Die man het hom as ʼn polisieman ........ en so in die huis ingekom.
gevoordoen voor gedoen voorgedoen
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die ........ van die kiesers is baie belangrik vir die ANC in die volgende verkiesing.
steen steun
Die woord "steen" verwys na iets waarmee jy 'n huis kan bou, terwyl "steun" ondersteuning impliseer.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Sy beklee die pos van ........ .
slegs senior bestuurder Senior Bestuurder of senior bestuurder slegs senior Bestuurder slegs Senior Bestuurder
'n Ampsbenaming ("senior bestuurder") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die voorstel is sonder ........ aanvaar.
slegs teëstem teëstem of teenstem slegs teenstem
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "teenstem – teëstem"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)