26 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-10-2026 só ingevul:
Swemmers is gewoonlik ........ en goed gespierd.
leenig lenig leunig
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "leunige" wanneer hulle eintlik "lenige" bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die gas het ........ toe ek ʼn vuurhoutjie daar naby bring.
geöntvlam geontvlam ontvlam ontgevlam
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Katrina is ’n ........ in voorskoolse onderrig.
spesialis specialis spesjalis
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "spesialis", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die kunstenaar se nuwe album het ʼn sterk Afrika- ........ .
inslaag inslag aanslaag aanslag
Die woord "inslag" dui op ’n bepaalde karakter; die woord "aanslag" dui op iets wat aangeslaan word, soos ’n tikster of pianis se aanslag.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)