08 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-09-2026 só ingevul:
Die Amerikaanse ........ het vanuit hul vliegdekskepe 'n lugoffensief op die vyand se basis naby die kus uitgevoer.
marina marine mariene mariena
Die homofone "marine" en "mariene" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "marine" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'seemag', terwyl "marien(e)" (byvoeglike naamwoord) die betekenis 'betreffende die see' dra.
Sien ook die bladsy Homofone.
Ek is tydens my promosie deur twee ........ bygestaan.
paranimwe paranimffe paranimfe paranimfs
Die meervoud van "paranimf" is "paranimfe". By woorde met ʼn dubbele konsonant aan die einde van die woord, word 'n "e" gevoeg om die meervoudsvorm aan te dui. Gewoonlik word die "f" 'n "w", maar daar is 'n paar uitsonderings soos byvoorbeeld: "nimf" - "nimfe", "triomf" - "triomfe", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Volgens taalkundige klassifikasie val Afrikaans (saam met Nederlands) onder die groepering ........ , 'n subklassifikasie van Nederduits.
Anglo-Fries Oos-Germaans Noord-Germaans Nederfrankies
Nederfrankies (die groepering waaronder Afrikaans val) ressorteer onder die klassifikasie Nederduits, wat op sy beurt onder Wes-Germaans val. Anglo-Fries ('n ander subklassifikasie van Wes-Germaans) is op sy beurt 'n hoër klassifikasie van beide Fries en Engels. Germaanse tale het drie vertakkings: buiten Wes-Germaans (waaronder Duits ook val) het Noord-Germaans (wat die meeste moderne Skandinawiese tale insluit) oorleef, maar alle Oos-Germaanse tale (waaronder Goties) het uitgesterf. Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Nederfrankies en http://af.wikipedia.org/wiki/Germaanse_tale
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Die ingewikkelde woordsom het Albert ........ besorg.
hoofbrekens of hoofbrekings 'n hoofbrekening hoofbrekens hoofbrekings
Probleme wat besondere verstandelike inspanning verg, word "hoofbrekens" of "hoofbrekings" genoem. Dit is met ander woorde iets waaroor jy jou hoof as 't ware breek. Die woord het nie 'n enkelvoudsvorm in Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)