23 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-07-2026 só ingevul:
Die ........ het die dief wat my selfoon gesteel het, tronkstraf opgelê.
lantros lantdros landdros landros
ʼn Samestelling ("landdros") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "dros") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "landdros" is afkomstig van die ou Nederlandse woord "landdrost" wat ‘geregsdienaar op die platteland’ beteken.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sal u asseblief van ons ’n paar ........ neem?
photo’s photos fotos foto’s
Woorde wat op ʼn "i", "o", "u" of ʼn beklemtoonde (lang) "a" eindig ("foto"), word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Spreekwoord: Ek was só teleurgesteld, ek kon ........ !
swyg huil sterf lag
Hierdie uitdrukking beteken om skoon droewig van teleurstelling te wees. Ons Engelse vriende sou sê: 'I could sit down and weep.'
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Johanna Muller is 'n oudinwoner van die ........ in Potchefstroom.
strydomhuis of Strydomhuis Strydomhuis strydomhuis
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van geboue, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)